Lianie May - Die Goeie Oue Tyd paroles de chanson

paroles de chanson Die Goeie Oue Tyd - Lianie May

Sal vriende ooit mekaar vergeet, al moet ons nou weer skei,
Verbind deur al die lief en leed in tye lank verby?
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?

As kinders het ons saam gespeel, so vrolik en so bly,
En ver geswerf, dit was ons deel in tye lank verby.
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?
Nou, hier's my hand, getroue vriend, gee ook jou hand aan my,
Dat ons vandag weer saam kan dink aan tye lank verby.
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?

Writer(s): Mozi

Lianie May - Kersfees Met Lianie
Album Kersfees Met Lianie
date de sortie
13-07-2008

Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.