Bobby van Jaarsveld - Boemelaar текст песни

Текст песни Boemelaar - Bobby van Jaarsveld



Ken jy die geheime, die verlede, die gedagtes van die straat?
Elke dag sien ons boemelaars wag aan die kant van die straat - oorkant drink sy maat
Ek het nie werk nie, ek het nie geld nie, ek het kinders op die straat en ′n vrou wat my haat.
'Seblief meneer wil jy nie help nie
Ek soek wit brood maar ek kort twee rand.
En iewers langs die pad le my kinders en wag -en hoop en bid vir ′n beter dag as vandag.
Maar ek bly hier by julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig - ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend - kyk altyd op en wees bly
... wees bly
Kom my kinders jul ma is dood - sy't gebedel met haar lyf
Kom my kinders ons vat ons goed, tel op jou boetie en gee my hoed - dis 'n skande om so te staan
Maar iewers langs die pad moet ons tog sit en wag
Ons vat die pad na die volgende stad
Miskien is daar ′n plek wat vir ons wag
Droom van menswees in die lewe
Ek kry skaam, want my kinders bewe van die honger en die koud en die pyn op hul bene
Oorkant die pad stap ′n klompie mense
Almal met vervulde wense
My dogtertjie vra my: "pa is ons mense"
Maar ek bly hier by julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig - ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend - kyk altyd op en wees bly
... wees bly



Авторы: bobby van jaarsveld


Bobby van Jaarsveld - Ken Jy Talina
Альбом Ken Jy Talina
дата релиза
01-03-2005




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.