Karen Zoid feat. Jo Black - Skepe текст песни

Текст песни Skepe - Karen Zoid , Jo Black



'N Skip word in n hawe gebou.
'N Skip lyk in 'n hawe baie mooi vir my en jou,
Maar dis nie waarvoor skepe gemaak word nie
Die storms en die winde sal waai
Hys jou seile hoog, want een of ander tyd moet die tyding draai.
Laat die kompas van jou siel weer jou hart bepaal.
Kry jou maste reg, haal die anker uit,
In die rigting van die suiderkruis.
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan.
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan.
Ons is gemaak in hoop se naam.
Ons is gemaak om uit te gaan.
Die lewe sal jou gooi en jou rondruk.
Soms voel dit of jy sink, maar jy moet net jou voete soos Petrus vind.
En dalk net weer glo soos 'n kind.
Hou net koers, want soms kom die twyfel.
Dit gaan meer oor hoe jy opstaan en minder oor hoe jy struikel.
Moenie vrees as die waters rof raak nie.
Tel jou skouers op.
Voel jou hart weer klop.
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan.
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan.
Ons is gemaak in hoop se naam.
Ons is gemaak om uit te gaan.
Stuur jou skip nou deur die poorte.
Ons hoop is meer as net leë woorde.
Jy's in beheer van jou bestemming.
Hoe jy daar uitkom is jou eie besluit.
Stuur jou skip nou deur die poorte.
Ons hoop is meer as net leë woorde.
Jy's in beheer van jou bestemming.
Hoe jy daar uitkom is jou eie besluit.
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan.
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan.
Ons is gemaak in hoop se naam.
Ons is gemaak om uit te gaan.



Авторы: Iengelbrecht, Inhoud Huis, J Voster


Karen Zoid feat. Jo Black - Republiek van Zoid Afrika, Vol. 5
Альбом Republiek van Zoid Afrika, Vol. 5
дата релиза
26-07-2018



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.