Karen Zoid - As Musiek Begin Speel текст песни

Текст песни As Musiek Begin Speel - Karen Zoid



Hulle ons moet glo
Net soos die kinders
So is hierdie lewe dan net vir beginners?
Seuntjies word manne
En gaan sit dan in 'n kroeg
En lyk moeg
My seun, jy moet luister as ek vir jou
Jy gaan eendag moet veg
Met als wat jy het
Soms gaan jy voel
Wat is die doel
Genoeg is genoeg
Ek wil jy moet saam sing
As musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
Hardloop in die see in met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En deel in gesprekke oor al die mooi plekke
Langs die kus
Bly bewus van jouself
Net nie te veel nie
Ook nie te min nie
Maar net nie te veel nie
Ek wil jy moet saam sing
As musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
En as jy ooit voel
Die lewe is net een groot gesuffer
Reik jou hande uit en help 'n ander
Met minder as jy
Gaan maak iemand bly
Want dan sal jy
Altyd kan saam sing
As die musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
Hardloop die see in met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En as jy haar vind
Is ek bly my kind
Want ek weet
Twee dromers is beter as een
Ek wil he jy moet saam sing
Ek wil he jy moet saam sing
Ek wil he jy moet saam sing
My kind



Авторы: Karen Zoid


Karen Zoid - Zoid Afrika
Альбом Zoid Afrika
дата релиза
23-11-2012




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.