Laurika Rauch - Daantjie текст песни

Текст песни Daantjie - Laurika Rauch



Ek sing vanaand van Daantjie, Daantjie,
Daantjie Louw
Met sy kinderoë, donker donker blou
Ek sing vanaand van Daantjie, sagter as ′n duif
Maar wat doen jou kinderoë in 'n ouer man se lyf?
Daantjie sing ′n deuntjie, Daantjie groet die haan
Die hoenders kry hul mielies, die varke kry hul graan
Drie en dertig somers kom en gaan
En die silwer emmers swaai al baie jare in die laan
En ek
Kan Daantjie
Nog hoor lag
Daantjie, trippel Daantjie,
Dou voor dag
En ek hoor jou vriende
Almal roep vir jou
Daantjie, Daantjie, Daantjie
Daantjie Louw
Winde wolke weerlig, wilde storms woed
Oranje is die waters, die oranje is in vloed
Daantjie trippel Daantjie het koffers graan gepak
En Daantjie en die graan en die hoenders en die haan
Sit nou op die dak
Daantjie sing 'n deuntjie,
Daantjie groet die haan
Die hoenders kry hul mielies,
Nou meet hy die graan
Maar waar is al sy varkies,
Die haan het mos gekraai?
En hy spring toe in die waters diep, hy spring in die waters kwaai
En ek
Kan Daantjie
Nog hoor lag
Daantjie, trippel Daantjie,
Dou voor dag
En ek hoor jou vriende
Almal roep vir jou
Daantjie, Daantjie, Daantjie
Daantjie Louw
En ek
Kan Daantjie
Nog hoor lag
Daantjie, trippel Daantjie,
Dou voor dag
En ek hoor jou vriende
Almal roep vir jou Daantjie, Daantjie
Daantjie Louw




Laurika Rauch - Chris Se Trefferliedjies
Альбом Chris Se Trefferliedjies
дата релиза
05-01-2004




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.