Piet Botha - Neentientwee текст песни

Текст песни Neentientwee - Piet Botha




Daar's 'n trein wat staan op die stasie
Dis reeds verby middernag
Jy voel nog eenkeer na jou kaartjie
Want hierdie trein gaan nie wag
Vaarwel my engel
Dis tyd om te groet
Nie omdat ek wil nie
Maar omdat ek moet
Daar's 'n skip in Durban se hawe
Waarmee ons oor die see moet gaan
Al die pad na St. Helena
Maar ek wonder waar kry jy jou naam
Want daar is niks heiligs hier
Net die klip en die sand
Heimwee en verbittering
Soos 'n vuur wat aanhou brand
Daar's 'n wa met vier perde
Alles mooi in swart getooi
En op ons vaders se erwe
Word die kindergrafte toegegooi
Dankie Brittanje
Die moet julle weet
Baie sal vergewe
Ander sal nooit vergeet




Piet Botha - Spookpsalms
Альбом Spookpsalms
дата релиза
01-05-2001





Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.