Текст песни




Ek was ne'entien jaar oud
En bruingebrand in die son
Jy was net uit die skool
En jou hare strale van God
Mens hoop en mens bid
Maar jou kinders brand in die son
Ek wonder wie ek al verraai het
Daar's kere wat ek dit bedoel het
Ek wens ek kon daar wees
Ek wens ek het jou dan al uit kom haal
Ek wens ek kon vir tien jaar die lewe met jou bou
Wat van nou?
Wat van nou?
Ons het ouer geword
En my krake wys in die son
Daar's nog jonk in jou
Maar ek kon nog nooit daaraan vat nie
Mens hoop en mens bid
Maar jou kinders praat namens God
Ek wonder wat ons moes geleer het
Wat ek gevat het as ek moes gegee het
Wat van nou? ooh, wat van nou?
Ek wens ek kon daar wees
Ek wens ek het jou dan al uit kom haal
Ek wens ek kon vir tien jaar die lewe met jou bou



Авторы: Du Toit Daniel Stephanus Rudolph, Du Toit Johan Moskou, Van Der Merwe Albertus Jakobus Wilhemus, Von Wielligh Christiaan Lodewyk



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.
Загрузка
Загрузка