Andries Bezuidenhout - Geskiedenis Lyrics

Lyrics Geskiedenis - Andries Bezuidenhout



Dit voel soms of ons leef in 'n geskiedenisboek
Oorlog en pes, die doodsengel op besoek
Maar wêreldryke struikel en beskawings swik
Eeu is 'n oogwink, of hoogstens 'n hoofstuk
Die eerste keer as tragedie
Die tweede en derde en vierde as klug
Vir die meeste van ons maar net die lewe
Soms kyk ons vooruit, maar meestal terug
Lande se glorie word besing uit torings
Maar die gatkant van die storie kom uit slawe se wonings
Enkeles met visioene, die meeste kap graniet
Vir bakens en mure om grondgebied
Die eerste keer as tragedie
Die tweede en derde en vierde as klug
Vir die meeste van ons maar net die lewe
Soms kyk ons vooruit, maar meestal terug
Honderd keer is Boedapest gestroop
En elke keer is die mense maar genoop
Om skoon te vee en maar aan te hou
Wat anders kan jy doen as om van vooraf te bou
Die eerste keer as tragedie
Die tweede en derde en vierde as klug
Vir die meeste van ons maar net die lewe
Soms kyk ons vooruit, maar meestal terug
Hulle wat van ruïnes monumente maak
Val vas tussen klippe en raak vir ewig aan die slaap
Die eerste keer as tragedie
Die tweede en derde en vierde as klug
Vir die meeste van ons maar net die lewe
Soms kyk ons vooruit, maar meestal terug



Writer(s): Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Dink Aan Planete
Album Dink Aan Planete
date of release
01-09-2022




Attention! Feel free to leave feedback.