Andries Bezuidenhout - Seisoene Verander Weer Lyrics

Lyrics Seisoene Verander Weer - Andries Bezuidenhout



Vanoggend weer gevoel die seisoen het gedraai
Ander kleur in die lug, 'n ander wind wat waai
Teen die berg het die son nou 'n killer kleur
Die gras is brosser, daar's 'n kug in die weer
Soms dink ek aan seisoene, soms dink ek aan jou
Soms dink ek aan planete wat aanhou en aanhou
Seisoene gaan oor afstand, afstand van die son
Soms ver, soms naby, as ons maar net kon
Kies watter dag of uit watter bron
Die tye draai of verandering kan kom
Soms dink ek aan seisoene, soms dink ek aan jou
Soms dink ek aan planete wat aanhou en aanhou
Moeg vir seisoene, moeg vir die weer
Gee my grys in die lug wat verandering kan keer
Soms dink ek aan seisoene, soms dink ek aan jou
Soms dink ek aan planete wat aanhou en aanhou
Draai om sonne, draai om sterre
Draai en draai vir altyd, draai vir nou



Writer(s): Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Dink Aan Planete
Album Dink Aan Planete
date of release
01-09-2022




Attention! Feel free to leave feedback.