Andries Bezuidenhout - Opgawe Lyrics

Lyrics Opgawe - Andries Bezuidenhout



Kyk hier sit ek voor die klawers in flenters en katoen
Ongelukkig net soveel wat jy met snare en ivoor kan doen
Iewers uit 'n fles se kolk het ek 'n wysie gaan roep
Iewers op 'n boekrak wat ek wou gaan soek
Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna
Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra
Met sleutels sluit ek deure dig, maar ontsluit 'n melodie
Oor die loute van my amberglas gee ek nie regtig om nie
Soms oorspronklik soms gesteel, meestal sommer net geleen
Nou impromptu, dan berekend, my klavierkonsert vir een
Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna
Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra
Dis net dat ek soms vergeet wat in die oomblik gebeur
Nalaat om neer te pen wat die note my leer
Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna
Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra



Writer(s): Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Dink Aan Planete
Album Dink Aan Planete
date of release
01-09-2022




Attention! Feel free to leave feedback.