Lianie May - Pleister vir my hart Lyrics

Lyrics Pleister vir my hart - Lianie May



As ek jou vra
Om my hart te dra
Op die winde oor die velde ′n duisend dae
Sal jy die seer
Vir my bedoel, kan keer
Sal jy die mooiste drome hou vir my en jou
Gee my 'n pleister vir my hart
Gee my ′n hart om vas te hou
Gee my 'n lewe saam met jou, al is dit net vir nou
Gee my 'n pleister vir my hart
Waar is daai plek wat ek onthou
Ek bly nog wonder so oor jou
Sal jy jou weg kan vind na my, sal jy my halfpad kry
En bring ′n pleister vir my hart
Ek was geleer
Dat as jou hart moet skeur,
Om die beste van jou hartseer te kan maak
Moet jy weer glo
En bid vir krag van bo, wat jou sal dra
En jou sal hoor as jy dit vra
Gee my ′n pleister vir my hart
Gee my 'n hart om vas te hou
Gee my ′n lewe saam met jou, al is dit net vir nou
Gee my 'n pleister vir my hart
Waar is daai plek wat ek onthou
Ek bly nog wonder so oor jou
Sal jy jou weg kan vind na my, sal jy my halfpad kry
En bring ′n pleister vir my hart vanaand
Eks so alleen ek mis jou elke aand
Want as die donker om my hart kom vou
Wil ek jou sien, ek wil jou styf vas hou...
Gee my 'n pleister vir my hart
Gee my ′n hart om vas te hou
Gee my 'n lewe saam met jou, al is dit net vir nou
Gee my 'n pleister vir my hart
Waar is daai plek wat ek onthou
Ek bly nog wonder so oor jou
Sal jy jou weg kan vind na my, sal jy my halfpad kry
En bring ′n pleister vir my hart
Jy bring ′n pleister vir my hart



Writer(s): Barry Lubbe, Johan Voster, Lianie May


Lianie May - Lank Lewe Die Liefde
Album Lank Lewe Die Liefde
date of release
13-02-2011




Attention! Feel free to leave feedback.