Anneli van Rooyen - Icarus Lyrics

Lyrics Icarus - Anneli van Rooyen



Berge gemaak vir mis en sneeu en kranse
vir die wild se wilde danse
en vir klim
Bome gemaak vir stamme en vir blare
Vir geduld en as 'n hawe
vir 'n kind so ver daarbo
Icarus, te naby aan die son
Jy het gedink jy kon
en verloor jou trotse vlerke
Icarus, al volmaak en stom
moet ek en jy van onder af op ander vleuels
eindelik tot bo kom
Wolke gemaak vir reën en hoop en skadu
vir koelte wat niks praat nie
net om op te kyk
Sterre gemaak vir maan en vir planete
vir lig en vir komete
in die nag so ver daarbo
Icarus, te naby aan die son
Jy het gedink jy kon
en verloor jou trotse vlerke
Icarus, al volmaak en stom
moet ek en jy van onder af op ander vleuels
eindelik tot bo
Icarus, te naby aan die son
ons het gedink ons kon
en smelt ons trotse vlerke
Icarus, op die heup geslaan en krom
moet ek en jy van onder af op ander vleuels
eindelik tuis kom



Writer(s): Anneli Van Rooyen


Anneli van Rooyen - Treffers Op Versoek
Album Treffers Op Versoek
date of release
04-09-2009




Attention! Feel free to leave feedback.