Anton Goosen - Silver De Lange (Live) Lyrics

Lyrics Silver De Lange (Live) - Anton Goosen



Die konsertina kerm al sy verlange,
In die hande van ou Silver de Lange.
Hy't gespeel van die liefde, maar hy was 'n eensame man.
Ja, ou Silver hy't die pad alleen
Geloop, en gedwaal soos net 'n swerwer kan.
Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant, weg te brand.
Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm
Man, wat kon speel beter as 'n ander kan.
As die vyf, dagbrekersop die radio grammofoon speel.
O, dan wonder ek baie oor jou Silver,
Daar's so baie wat ons twee kon deel.
Maar die konsertinas nou jou weduwee, en jou hande het afgetree.
O, speel hom, Silver, speel hom weer.
Speel hom Silver, nog 'n keer.
En die konsertina kerm verlangein die hande van Silver.
Silver de Lange.
Instrumenteel
En kom die paaie van die ou musikante,
By die kruising van die hemel se rante.
En 'nman hoef nie meervir 'n sjieling op 'n dag te speel.
En ekwonder hoe baie baie harte, het ou Silver in sy lewe gesteel.
Maar die konsertinas nou sy weduwee, hy't sy hart net vir haar gegee.
En watter vrou het gekyk in jou se blou,
As jou vingers om die wheatstone se note vou
Wie't die hartseer man, teen haar bors getroos
Ja, die wêrelds nog dieselfde,
Ou Silver, hy's hard en hy's voos en hy's boos.
Het jy alleen gespeel en musiek
Gemaak, toe jou hande aan die stilte raak
O, speel hom, Silver, speel hom weer.
Speel hom Silver, nog 'n keer.
En die konsertina kerm verlangein die hande van Silver.
Silver de Lange.
Instrumenteel
O, speel hom, Silver, speel hom weer.
Speel hom Silver, nog 'n keer.
En die konsertina kerm verlangein die hande van Silver.
Silver de Lange



Writer(s): Anton Goosen


Anton Goosen - Anton & Vrinne & Die Bushrockband
Album Anton & Vrinne & Die Bushrockband
date of release
26-08-2003

1 Guitar Overture (Live in Die Staatsteater)
2 Wit @#@#@ Van Afrika / Kruidjie Roer My Nie (Live in Die Staatsteater)
3 Sms (Live)
4 Gansbaailapa (Live in Die Staatsteater)
5 Waterblommetjies (Vir Trix) [Live]
6 Die Seewater Is Blou (Live in Die Staatsteater)
7 Winde Van Verandering (Live in Die Staatsteater)
8 Beste Henry (Live in Die Staatsteater)
9 Voete Van Johannesburg (Live in Die Staatsteater)
10 Kruppelkop Gewete (Live in Die Staatsteater)
11 Silver De Lange (Live)
12 Josie-Josie (Live in Die Staatsteater)
13 Keurspel:- Pampoene Oppie Dak / Byeboerwa / Kalbassies (Live in Die Staatsteater)
14 n Vis Innie Bos (Live in Die Staatsteater)
15 Moya (Live in Die Staatsteater)
16 'n Brief Vir Simone (Live)
17 Sibongile (Live in Die Staatsteater)
18 Freewheelin' (Live in Die Staatsteater)
19 Dancer (Live in Die Staatsteater)
20 Blommetjie Gedenk Aan My (Live)
21 Jantjie (Live in Die Staatsteater)
22 Boy Van Die Suburbs (Live in Die Staatsteater)
23 Pampoene Oppie Dak (Live in Die Staatsteater)
24 Umfaan (Live in Die Staatsteater)
25 Kalbassies (Live in Die Staatsteater)
26 Geelperskerëen (Live in Die Staatsteater)
27 Klein Bietjie Wyn (Live)
28 Blommetjie Gedenk Aan My / Byeboerwa / Harlekyn (Live in Die Staatsteater)




Attention! Feel free to leave feedback.