Bittereinder - Penworstel Lyrics

Lyrics Penworstel - Bittereinder



"Ek weet waar ek is"...ego′s in die maag van 'n walvis
Dis ′n mal twis in my binneste... weet ek wie ek is?
Die vraag wat herhaal maar die woorde vorm hehaaldelik in 'n ander taal
Iemand anders se tong vorm die suurstof uit my longe
In klanke soos borrelende bloed wat nie myne is nie
Nie heeltemal by en bewus nie: ek sluimer deur die suiwerste diefstal
'N huiwerende geraamte sonder vlees, geïsoleer deur die vrees
Rondom wie ek veronderstel is om te wees
Dis diep, maar nie genoeg nie, soos ′n soen met niks spoeg nie
Vir lank het ek gedink geskiedenis forseer my om verleë te reageer
En ek beweer nog steeds daai diepste seer leer my van weer probeer
My oupagrootjie is in Ceylon oorlede, moontlik St. Helena
′N romantiese prentjie van 'n soldaat langs sy geweer
Van sy familie weggeskeur, maar hoe kan ek ooit regtig verstaan wat gebeur het
Eer die Vyf Swemmers se volharding en moed
Maar verstaan ek hulle regtig al dra ek hulle bloed?
Ek het my oupa se name, hy was ′n dominee
Sy kerk gelos, nie met apartheid saamgestem nie
En in my hart is hy 'n held, op sy eie manier ′n pad gekies van weerstand sonder geweld
En ek het rede om trots te wees, verstaan my nou mooi
Maar as ek partykeer na my mense kyk wil ek dit alles net weggooi
Wat het ons geword? 'n horde verneukers wat kla en alles blameer behalwe onsself
Miskien is die skuld regtig al te diep ingedelf, en ek weet ek is dieselfde
′N skynheilige stem wat saamswem in die modder
Maar goeie donner ek sien nie meer een positiewe gedagte hier onder nie
"Blanke skaamte, jy weet nie wat jy doen, jy breek af aan alles wat ons versoen"
'N bouer se woorde, en my hande wil ook bou
Ek dink nou baie ernstig oor wat ek laat gaan en wat ek vashou
Behou my volk as die enigste wit Afrikastam, in 'n Groter Plan, ek glo dit vuur en vlam
As jy haat tussen die lyne hoor dan luister jy nie reg nie
Dis ′n stryd vir identiteit, nie ′n letterlike geveg nie
Ek praat van harte wat foute en mislukkings kan insluk
En selfs as die einde bitter lyk, gaan ek omdraai of deurdruk?



Writer(s): Jaco Van Der Merwe, Louis Minnaar, Pierre-henri Van Pletzen


Bittereinder - 'N Ware Verhaal
Album 'N Ware Verhaal
date of release
01-11-2010




Attention! Feel free to leave feedback.