Lyrics




Om so ver te kan kyk dat jy ophou met sien
Om so te kan raak maar aan niks nie te vat
Om so stip te luister dat jy niks meer hoor
Om so diep te adem om dit in sug te verloor
Om in 'n oomblik se syn 'n leeftyd te ervaar
Om in 'n breukdeel se seer volkome te kan heel
Om in 'n greintjie die hele kosmos te vind
Om niks in te neem nie, maar als te verslind
Dis hoe ek is - dis hoe ek word
Dis hoe intens ek voel so skiet ek tekort
Dis hoe ek gee dis hoe ek neem
Dis hoe ek die my van my en jou vervreem
Om soms te kan wonder sonder om te dink
Om soms weg te wees maar nie weg te raak
Om soms te wens sonder om te begeer
Om soms om te draai maar nie terug te keer
Om dan op te gee om als te behou
Om dan te wil al is dit wat jy nie regtig wou
Om dan die oomblik te gryp in plaas van nou
Om dan die ek in die jy te word die jy in jou
Dis hoe ek is - dis hoe ek word
Dis hoe intens ek voel so skiet ek tekort
Dis hoe ek gee dis hoe ek neem
Dis hoe ek die my van my en jou vervreem



Writer(s): Karin Hougaard Copyright: Next Music Publishing



Attention! Feel free to leave feedback.
Loading
Loading