Lyrics




As ek aan die stiltes dink
Dink ek aan jou
As ek aan wat sterk is dink
Dink ek aan jou
As ek aan vir altyd dink
Dink ek aan jou
Hier wil ek wees
My plek's in jou
As ek aan
Holhoek dink
Dink ek aan jou
Digby Fateng
Dink ek aan jou
Dink ek aan
Geloof hoop en liefde
Laat dit my dink aan jou
Hmmm my plek's in jou
Daar is dinosour voetspore
Oral oor my hart
Oos-Vrystaat se sandsteen
My sandkleur liefland
En trek oor die langpad
Of vat ek dalk die sandpad
Alle paaie lei na jou toe
Paul Roux
As ek aan wye ooptes dink
Dink ek aan jou
As ek aan 'n skuilplek dink
Dink ek aan jou
Jy's die heuwels van my hart
My sonsondergang
Die oorsprong van onthou
My vêr verlang
Daar is dinosour voetspore
Oral oor my hart
Oos-Vrystaat se sandsteen
My sandkleur liefland
En trek oor die langpad
Of vat ek die sandpad
Alle paaie lei na jou toe
Paul Roux
Daar's een om mee te lewe
Een om lief te
Om-en-om draai ek die woorde
Hoe moet ek dit
Daar's een om mee te lewe
En een om lief te
Die ysterklip se val't gesê
Wie jou wou
Daar is dinosour voetspore
Oral oor my hart
Oos-Vrystaat se sandsteen
My sandkleur liefland
En trek oor die langpad
Of vat ek die kortpad
Alle my paaie lei na jou toe
PaulRoux



Writer(s): Karin Hougaard Copyright: Next Music Publishing



Attention! Feel free to leave feedback.
Loading
Loading