Laurika Rauch - Die Telemans Van Wêskou Lyrics

Lyrics Die Telemans Van Wêskou - Laurika Rauch



Die Telemans van Wêskou
Kan bêrekoop soos min
Dra saam aan paaiemente
Gaan tronk toe as gesin
Die Tellies dink elektriek
Getuig hul huurkoop huis
Katoeters en kontrepsies Van kelder tot kombuis
Die Telemans van Wêskou
Droom weekliks oor 'n stel
Met kleur skree al die kinders iets anders sal nie tel
Mene mene tellie
Is die jongste geskrif
Wat mure laat tuimel En Wêskou oorbluf
Miss Tellie staan op troue
Wil babas genereer
Die moeder is verbete
Ook ek gaan my beheer
Ons lay-bye vir iets groters
Die visie vanne volk
In vierkleur word ons strewe
Na buitekant vertolk
Ons voetbal en ons jukskei
En paasskou moet vertel
Ons twak is nog nie nat nie
Ons stuit nie vir die hel
Mene mene tellie Is die jongste geding
Wat setels laat tuimel En kleure verwring
Die spriete van hul droomkas
Wek bure se venyn
Die Tellies kannie worry
Skrum bronstig om hul skryn
Nog hegter as tevore Is die Tellies nou verbind
Al raak die vader duiselig
En die moeder tele-blind
Die dogter wil nie trou nie Die droomkas is haar man
Nes al die ander Tellies Tot flikkerbeeld verban
Mene mene Tellie
Is die jongste gerig
Wat bedplig verduister
En liefde ontwrig
Mene mene Tellie
Is die jongste gerig
Wat bedplig verduister
En liefde ontwrig




Laurika Rauch - 'n Jaar In My Lewe
Album 'n Jaar In My Lewe
date of release
05-02-1980




Attention! Feel free to leave feedback.