Laurika Rauch - Don Quixote Lyrics

Lyrics Don Quixote - Laurika Rauch



Ek het my vrees oorwin en uitgewyk
Na ′n wêreld wat half lyk
Asof jy jou maklik daarin kan verloor
As jy alles glo wat jy hoor
Oos van Gibraltar loop ek vas
In die man wat homself met illusies belas
En ten spyte van sy stokou poon
Als wat voorkom wil onttroon
Sy donker het gelag toe hy eenkant wag
Tot ek uit die stof opstaan
Ek het 'n donkie geleen en is agter hom aan
Om sy dade te probeer verstaan
Don Quixote die mense jou sleg
Maar jy′s net jou verbeelding se troue kneg
Don Quixote jy dryf jou spoke weg
En jy's reg, so reg
Maar as jy onraad merk dan storm jy voort
Na die slagveld soos dit hoort
Ek's verstom en deur jou dade bekoor
Tot ek besef jy′t alweer verloor
Maar wat jy altyd sal behou
Is om alles as moontlik te beskou -
Selfs ′n windmeul tot geveg te daag
Sonder die wete dat jy selde slaag
Jou donker het gelag terwyl jy regop wag
Om tot ridder geslaan te word
En al almal die werklikheid het jou verslaan
Dink ek jy't dit tog verstaan
Don Quixote die mense jou sleg
Maar jy′s net jou verbeelding se troue kneg
Don Quixote jy dryf jou spoke weg
En jy's reg, so reg
En jy′s reg, so reg



Writer(s): A De Swardt, Anton Goosen


Laurika Rauch - Vir Jou
Album Vir Jou
date of release
22-06-1981




Attention! Feel free to leave feedback.