Piet Botha - Interlude Vir Jimbo Lyrics

Lyrics Interlude Vir Jimbo - Piet Botha




As ek in die holte van die nag
Naby die bessiebome kom
Dan hoor ek die mense loop onder die wind
Dis die dooies van eitsi eibib
Wat die wet van die bessiebome gemaak het
Die sterk man word gekies
Maar die sterk man moet oppas
Want as die reën wegbly
En die groot honger kom
Dan moet die kos en die water gedeel word
Waar is die jagters van die ou tyd
En die man wat die groot lied kon maak



Writer(s): Piet Botha,


Attention! Feel free to leave feedback.