Robbie Wessels - Afrika Sonsak Lyrics

Lyrics Afrika Sonsak - Robbie Wessels



Ek's lief vir jou, Afrika sonsak.
Ek's lief vir jou, Afrika son.
Ons is lief vir jou, Afrika sonsak.
Ons is lief vir jou, Afrika son.
As ek kon weghol, waarheen sou ek gaan?
Sou ek my trane, begrawe ver hiervandaan?
Waar niemand my herken nie.
En niemand my hoor sing.
Niemand my verstaan nie.
Niemand vir my wink en sê: "Ken ek jou nie?"
As jy kon uitroep, wat sou jy wou vra?
Bitter mooi aarde, O, land Suid Afrika.
Ons bid vir jou survival.
Ons hoop vir jou bestaan.
Ons glo in jou revival.
En sestig duisend mans staan op, ons sing vir jou.
Ek's lief vir jou, Afrika sonsak.
Ek's lief vir jou, Afrika son.
Ons is lief vir jou, Afrika sonsak.
Ons is lief vir jou, Afrika son.
O, Kaapstad, o, Hexrivier vallei.
Droë Karoo, Bloemfontein verby.
Gauteng die Drakensberge.
Limpopo en Transkei.
Krugerwildtuin en die Bosveld.
Waar ookal die pad jou lei.
Kom ry deur my.
Ek's lief vir jou, Afrika sonsak.
Ek's lief vir jou, Afrika son.
Ons is lief vir jou, Afrika sonsak.
Ons is lief vir jou, Afrika son.
Uiteindelik sien ons jou meesterstuk.
Oranje, rooi en dan goud.
En ons "capture" die moment met foto's.
Want een van die dae is ons oud.
En dan kan ons ons was hier.
By Bronkhorstspruit dam met 'n bier.
Saam met Laurika Rauch op die N4, Mannetjie Roux nostalgie.
Vergeet om my te vergeet, maar vandag vergeet ek nie.
Ek's lief vir jou, Afrika sonsak.
Ek's lief vir jou Afrika son.
Ons is lief vir jou, Afrika sonsak.
Ons is lief vir jou, Afrika son.



Writer(s): Robbie Wessels


Robbie Wessels - Afrika Sonsak
Album Afrika Sonsak
date of release
24-06-2009




Attention! Feel free to leave feedback.