Monique Steyn - Die Boom paroles de chanson

paroles de chanson Die Boom - Monique Steyn



Ek is die saadjie in die grond
Hy gooi sy water oral om my
My wortels vasgegroei in Hom
Totdat my eerste blare son kry
Hy gee my lewe elke dag
Beskerm my met al Sy mag
Teen warm son en koue nag
Hy is die boom in die aarde wat Sy takke sprei as storms val
Ek hoef nooit te vrees nie want ek
Weet Hy sal my altyd in Sy skadu hou
Die boom van die lewe wat my veilig hou tot ek my takke sprei
En n ander ook beskerm net soos Hy,
Want ek lewe net vir Hom en Hy vir my
U maak my sterker elke uur
In brande hou U al die vuur weg
My vrugte vorm uit U gees
Met U langs my sal ek niks vrees nie mmm
Hy gee my lewe elke dag
Beskerm my met al Sy mag
Teen warm son en koue nag
Hy gee my lewe elke dag
Beskerm my met al Sy mag
Teen warm son en koue nag
Hy is die bron van al my krag.



Writer(s): Johan Oberholzer


Monique Steyn - Mosaiek
Album Mosaiek
date de sortie
13-09-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.