Adam Tas - Karkas van haar Valentine текст песни

Текст песни Karkas van haar Valentine - Adam Tas



Haar beloftes raak weg in die mis
Soos een spookskip langs die skedel-kus
En haar Chivas Regal glimlag
Los my spookdronk laatnag
En ek wonder waar kruip sy weg vir my
Of ek my missing pieces daar bij haar sal kry
Sys 'n Pandora's box vol nuwe sondes
'N rondloop siel in vlees gebondae
Maar niemand is so doof
Soos 'n man wat nie wil hoor
En ek wonder wat skink sy in my glas vanaand
Whiskey vir die swerwer me sy hoed in sy hand
Ek haar saam met kwepers in canfruit bottels in
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
Sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Oor die karkas van haar Valentine
Oor die karkas van haar Valentine
Sy plant my in haar tuin
Lei my nat met wyn
En snoei my blare stomp af tot ek spoorloos verdwyn
Ek vryf haar soos samboksalf op my seerplekke in
En ek het haar gevra om in my te kyk
En verbeel hoe happy ek sonder trane sal lyk
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
Ek haar saam met kwepers in canfruit bottels in
Sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Oor die karkas van haar Valentine
Oor die karkas van haar Valentine



Авторы: Tas Adam, Bezeuidenhoud Kobus


Adam Tas - Want Jy is Boer
Альбом Want Jy is Boer
дата релиза
16-05-2014




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.