Adam Tas - Man Van Stof текст песни

Текст песни Man Van Stof - Adam Tas



'N Man van Stof
Vat my hart my brah
As ek voor God se tolhek staan
Hy sal my skuld afbetaal as 'n arm man vir genade vra
Hiers die nare waarheid broer ons almal gaan platsak hemel toe
Aan die anderkant wag jy weet wie want die Engele dra nie Armani nie
Eks 'n man van stof, eks 'n man van sand
Eks 'n skemer swerwer wat met woorde smous in 'n vreemde land
Eks 'n duisend blare deur die wind verjaag
Ek soebat song uit die holtes van my katsnaarkitaar
En Mamon het my naam geroep
Is dit 'n seën of is dit 'n vloek
Om een keer vir my te wys hoe die einde van die reënboog lyk
Vir 'n pot vol goud sal ek wegdwaal voor God se staan ons almal kaal
Tollenaars van die nuwe tyd, twee keer uit die Paradys gesmyt
Eks 'n man van stof, eks 'n man van sand
Eks 'n skemer swerwer wat met woorde smous in 'n vreemde land
Eks 'n duisend blare deur die wind verjaag
Ek soebat song uit die holtes van my katsnaarkitaar



Авторы: Koekoes Bezuidenhout


Adam Tas - Man van Stof
Альбом Man van Stof
дата релиза
05-10-2012




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.