Almero - Donderweer Idees текст песни

Текст песни Donderweer Idees - Almero



Ek het kleintyd gesukkel om
Met my toe te bid
Ek wou God in die kyk
As ek vra vir hulp
Ek bekommer dat Jesus my eendag
Sal bel
En ek sy oproep gaan mis
Met my oor teen 'n skulp
Bedaar my soekende kind
Sal jou wandelende siel
Ooit sy rusplek kan vind?
Bedaar jou donderweer idees
Die antwoord op alles gaan
Jy nerens raak lees
Ek wonder nog altyd of blindes
Kan droom
Of prente en beelde in
Hul nagte vertoon
Ek het ure kleintyd aan
'N sandkasteel gebou
Net om te voel hoe dit
Voel as dit onder
My voete vergaan
Bedaar my soekende kind
Sal jou wandelende siel
Ooit sy rusplek kan vind?
Bedaar jou donderweer idees
Die antwoord op alles gaan
Jy nerens raak lees
Ek wonder of Noag gehou
Het van reën
En of hy 'n sambreel by
Sy buurman moes leen



Авторы: Almero Welgemoed


Almero - Vuurvas
Альбом Vuurvas
дата релиза
12-12-2016




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.