Andries Bezuidenhout - Net Nog 'n Liefdeslied текст песни

Текст песни Net Nog 'n Liefdeslied - Andries Bezuidenhout



Elke tweede lied handel oor die liefde
Liefde gewen of liefde verloor
Oor afstand of nabyheid, wolke en reënboë
Die klank van 'n stem, die kleur van
Maar vir jou het ek net hierdie enigste lied
Dis net vir jou, dis spesifiek
Laat geen ander dit sing nie
Vir iemand anders bring nie
Dis al wat ek het om aan te bied
Ek hoor die liefde is universeel
Dis 'n album vol foto's en soms 'n spieël
Soms kan ek my verbeel dis deel en dalk uitdeel
Soms is dit diefstal en soms sommer speel
Maar vir jou het ek net hierdie enigste lied
Dis net vir jou, dis spesifiek
Laat geen ander dit sing nie
Vir iemand anders bring nie
Dis al wat ek het om aan te bied
Soetsappig miskien, of dalk selfs geyk, 'n
Liefdeslied gee ek jou gelyk
Is meestal te rou te hart op die mou
Maar die een is nietemin net vir jou
So vir jou het ek net hierdie enigste lied
Ek bring dit vir jou, dis spesifiek
Laat geen ander dit dan sing nie
Vir iemand anders bring nie
Dis al wat ek het om aan te bied



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Dink Aan Planete
Альбом Dink Aan Planete
дата релиза
01-09-2022




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.