Andries Bezuidenhout - Grense Van Oneindigheid текст песни

Текст песни Grense Van Oneindigheid - Andries Bezuidenhout



Hoor ek praat met jou sonder woorde
Ek's beide die oorlog en vrede se verloorder
Die een wat leë houers opgaar
Wat kaal en koud is en onsigbaar
Niks druis so hard soos absolute stilte nie
Niks voel so beklemmend
Soos die grense van oneindigheid nie
Ek's die een wat branders met 'n besem opvee
Die een wat wolke in skulpe aangee
Wat vuur probeer giet en sand wil skink
Wat homself verdrink in die oggendwind
Niks druis so hard soos absolute stilte nie
Niks voel so beklemmend
Soos die grense van oneindigheid nie
Ek 'n fraksie van niks, darem meer as min
Ek's duskant die niet se einde of begin
Ek's snel soos klank, langsaam soos lig
Hoekig soos 'n silinder se aangesig
Niks druis so hard soos absolute stilte nie
Niks voel so beklemmend
Soos die grense van oneindigheid nie



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Dink Aan Planete
Альбом Dink Aan Planete
дата релиза
01-09-2022




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.