Andriëtte - Mag Hy текст песни

Текст песни Mag Hy - Andriëtte



As die stiltes in die huis kon praat
Sou ek my hart oopmaak
En vertel hoe baie ek verlang
Om saam met jou te lag
Ons het saam gedroom oor môre
Ons sou ons storie skryf
Ons sou nog
Maar die Here kom
Hy pluk sy mooiste blomme eerste
Mag hy
Kaalvoet op die voorstoep met jou dans
Mag hy
Mag hy
Saam met jou die see in hardloop
Mag hy
Namakwaland se blomme plant in jou tuin
En mag jou naam geïnk wees
Op elke bladsy van sy dagboek
Soos ek wou
Die plan was om van nou af
Die wêreld uit te skuif
Om plek te maak en net jou naam
In my dagboek in te skryf
Ons wou die wêreld gaan verken
Ons sou mekaar weer vind
Ons sou nog
Maar die Here kom
Hy pluk sy mooiste blomme eerste
Mag hy
Kaalvoet op die voorstoep met jou dans
Mag hy
Mag hy
Saam met jou die see in hardloop
Mag hy
Namakwaland se blomme plant in jou tuin
En mag jou naam geïnk wees
Op elke bladsy van sy dagboek
Soos ek wou



Авторы: Kelly Don, Vorster Adolf, Norman Andriette


Andriëtte - Pêrel vir 'n Kroon
Альбом Pêrel vir 'n Kroon
дата релиза
31-07-2015




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.