Chris Chameleon - Ek Vir Jou текст песни

Текст песни Ek Vir Jou - Chris Chameleon



Is dit geluk?
Is dit dalk loon uit die pogings geput?
Of die onwrikbare mosterdsaad geloof?
Ons rots, ons liefde
Ons vredesvesting en die sekerheid:
Dis ek vir jou en jy vir my
En vir te lank
Het ek bestaan in afwesigheid van
Die gloed van die liefde
Die lig in jou oe
Jou kosbare glimlag
En ons begrip:
Dis ek vir jou en jy vir my
So glo ek in die drome
Wat die blinde nagte aan my gee
Want wat hul aan my beloof het
Is die lig wat jy in my ontwaak het
En ons kan weet
Dat ons twee bymekaar sal wees
Wanneer die einde
Die uiteindelike
Laaste nag daal
Haar mantel oor ons val
Dan weet ons steeds:
Dis ek vir jou en jy vir my



Авторы: Chris Chameleon


Chris Chameleon - Ek Vir Jou
Альбом Ek Vir Jou
дата релиза
08-10-2007




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.