Chris Chameleon - Laaste Baklei текст песни

Текст песни Laaste Baklei - Chris Chameleon



Ek hoor die voels fluit en ek merk dat die son skyn
Doof hul uit, laat die lig verdwyn
Middernag kom helder oordag en woon in my
Ons laaste baklei ek en jy
Die buurhond blaf, kinders raas in die straat
Maar my siel het die buurt en my lyf lankal verlaat
Ek neem nie notisie nie nie van enigiets nie
Sedert ons laaste baklei ek en jy
En die blare skarrel voor die wind doelloos rond
My verwoorde gedagtes verdor in my mond
Waar my hart ook vlug sleep herinnering hom terug
Na ons laaste baklei ek en jy
Ek het nooit gedink dit gaan n paradys wees nie
Ek het nie verwag dit moet sonder n prys wees nie
Weet al lankal n groot les kan jy nie klein leer nie
Maar ek het nooit gedink dit maak so seer nie
En dis laat en die huis staan leeg
En my hart loop hom vas in n doodloopsteeg
Basuin my geheim uit o kriekekoor
Die skreiende feit dat ek jou verloor.



Авторы: Chris Chameleon


Chris Chameleon - Ek Vir Jou
Альбом Ek Vir Jou
дата релиза
08-10-2007




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.