Ef-El - Elegie текст песни

Текст песни Elegie - Ef-El



Laaste druppel van emosie
By my liggaam uit
Gedehidreer en depressief van soveel selfverwyt
Uitgevat, opgepas en afgehak
Respek gehad vir oums se reels
Maar in my kop hardop gelag
Vir die eerste keer, het ek probeer
Om nie 'n doos te wees nie
Maar sy het my manipuleer
Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou ek skryf vir haar
Al die girls wat ek sou, gelukkig hou
En ek blameer nie
Ek blameer niemand nie
Ek's net teleurgesteld, teleurgesteld
Toe die aand begin het ek myself herwin
My persoonlikheid omgedop
Vuil gedagtes verwyder uit my
Uit my losbandige kop
Ek sien haar daar ek wil paar
Sal dit later vir Animal Planet spaar
Klaar te laat en ek's die dwaas
Sy het my totaal en al verbaas
Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou ek skryf vir haar
Al die girls wat ek sou, gelukkig hou
En ek blameer nie
Ek blameer niemand nie
Ek's net teleurgesteld
Opgebruik en weggesmeit
Maar jy't jou mediseine teruggekry
Ek't gedink sy is fraai
Sy't my verraai, ek's klaar
In die einde is daar geen geheime
Maak my los van hierdie lyne
Hard probeer om hierdie seer te keer
Maak my vry van hierdie pyne
My geduld is klaar
Vergeet jou maar en hierdie sedelose leiding
Leiding, leiding
Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou vir haar
Al die girls wat ek sou, gelukkig hou
Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou ek skryf vir haar
Al die girls wat ek sou (ek sou, ek sou)
Gelukkig hou, gelukkig hou, gelukkig hou




Ef-El - Veiligheid Eerste
Альбом Veiligheid Eerste
дата релиза
14-06-2007

1 Elegie




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.