Laurika Rauch - Kaalvoet Begin Dans текст песни

Текст песни Kaalvoet Begin Dans - Laurika Rauch



Sing saggies vanaand, sing saggies vir my
Sewe dae maak 'n volle week en vier daarvan 'n maand
Ek klou nog so styf vas aan jou woorde van gist'raand
Jou voete op 'n soektog vir jou siel om rus te vind
Jy't die lyf van 'n groot man, maar in jou hart is jy 'n kind
En ek wil kaalvoet begin dans
In die reën van 'n someraand
Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing
Tot 'n nuwe dag begin
Maar ek weet - jou voete sal nooit rus
Sing saggies vanaand, sing saggies vir my
Jy los my met beloftes, in my Novilon-kombuis
Met foto's en gedagtes in my hart se liefdeskluis
En briewe in die posbus wat dae lank vir my wag
En Sondae sal ek hul gaan haal en opbly deur die nag
En ek wil kaalvoet begin dans
In die reën van 'n someraand
Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing
Tot 'n nuwe dag begin
Maar ek weet - jou voete sal nooit rus
Om tot siens te is moeilik maar soms maak dit jou vry
En dis nie altyd maklik nie - om met jou hart se weet te bly
Ek hoor nog jou kitaar in die hoek van die Penny Bar
En die cover van 'n Tom Waits tune - One from the heart
... terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing
Tot 'n nuwe dag begin
Maar ek weet- jou voete sal nooit rus



Авторы: Christoph Kotze


Laurika Rauch - Wals, Wals Willemien
Альбом Wals, Wals Willemien
дата релиза
05-01-2014




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.