Laurika Rauch - Jy Is Hier Geliefde My текст песни

Текст песни Jy Is Hier Geliefde My - Laurika Rauch



Dis onwaarskynlik dat ek eendag
Hierdie oomblik sal vergeet
Tussen al die ander wat ′n leeftyd genereer
Hierdie een op 'n Vrydag kwart oor twee
Hierdie een skryf ek neer
Want jy staan voor my deur
Met ′n hoed en 'n jas
En jy deur wind en weer tot hier
Was dit 'n baie lang pad
En agter jou ′n moeë fiets
En langs jou staan ′n tas
En die res het ek in jou gekry:
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly
Dis onwaarskynlik dat ek ooit sou raai
Dat jy hier gaan kom draai
Wat nog te van stil kom staan
Sonder om weer te gaan
Ek het gewonder, maar kon nie weet nie
Ek moes dit los, maar kon nie vergeet nie
So, hierdie dag skryf ek neer
Want jy staan voor my deur
Met 'n hoed en ′n jas
En jy deur wind en weer tot hier
Was dit 'n baie lang pad
En agter jou ′n moeë fiets
En langs jou staan 'n tas
En die res het ek in jou gekry:
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly
Want jy staan voor my deur
Met ′n hoed en 'n jas
En jy deur wind en weer tot hier
Was dit 'n baie lang pad
En agter jou ′n moeë fiets
En langs jou staan ′n tas
En die res het ek in jou gekry:
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly



Авторы: Lize Beekman


Laurika Rauch - Gunstelinge
Альбом Gunstelinge
дата релиза
23-10-2017




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.