Laurika Rauch - Winter текст песни

Текст песни Winter - Laurika Rauch



Die wêreld word weer deinserig
Die son se ronde-rooi-lemoen
Is afgeskil, skyn wit-oranjerig
Deur die gekaasdoekte seisoen
Die berge gebalsem, rug-aan-rug
Soos reuse dwerge, boggelrig gekis,
Bome bedien met skemer stug
Soos monnike die romerige mis
Alles word geheilig, kom tot rus
Die weerhaan op die kerktoring
Skrop nes, die sterre word geblus
Iewers aan die verste kus
Maak God in sy vakansiewoning
Die gordyne dig, gaan slaap gerus
Alles word geheilig, kom tot rus
Die weerhaan op die kerktoring
Skrop nes, die sterre word geblus
Iewers aan die verste kus
Maak God in sy vakansiewoning
Die gordyne dig, gaan slaap gerus
Gaan slaap gerus



Авторы: L. Hofmeyr, Willie Van Der Merwe


Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus
Альбом Die Mense Op Die Bus
дата релиза
15-02-1999




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.