Laurika Rauch - Die Kinders Sing Saam текст песни

Текст песни Die Kinders Sing Saam - Laurika Rauch



Ons draai weer van die teerpad af
Die tafels is uit sement gemaak
Ver van die stad en die lug is skoon
Tussen die tafels is ′n peperboom
Tussen die tafels is 'n peperboom
Ja, my kind ons is amper daar
Net so ver soos verlede jaar
Klim nou uit aan die ander kant
Bly net weg van die groot teerpad
Bly net weg van die groot teerpad
Ons kinders sing saam
Wat is jou naam?
Wie weet hoe om skape te tel?
Waar kom jy vandaan?
Waar slaap die maan?
Kan jy jou ouers se name al spel?
Wat kom nou, wat kom nou hier aan?
Kyk dit loop dat die stof so staan
Nee, my kind dis ′n donkiekar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar
Hul parkeer langs die peperboom
Tussen die donkies is ′n disselboom
Die kinders klim van die karretjie af
Tussen die heining en die groot teerpad
Tussen die heining en die groot teerpad
En die kinders sing saam
Wat is jou naam?
Hoe weet jy om skape te tel?
Waar kom jy vandaan?
Waar slaap die maan?
Kan jy jou ouers se name al spel?
Ma, kan ons nog ′n rukkie bly?
Nee, my kind, ons het ver om te ry
Dis die tyd van die rooi turksvy
Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry
Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry
Klim in die motor laat die wiele draai
Spring op die wa en die kinders waai
Ja my kind ons is amper daar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar
Tussen die wiele draai ′n ewenaar
Die kinders sing saam
Wat is jou naam?
Wie weet hoe om skape te tel?
Waar kom jy vandaan?
Waar slaap die maan?
Kan jy jou ouers se name al spel?
En die kinders sing saam
Wat is jou naam?
Wie weet hoe om skape te tel?
Waar kom jy vandaan?
Waar slaap die maan?
Kan jy jou ouers se name al spel?



Авторы: Chris Torr, Christopher Torr, Marshall Harmse


Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus
Альбом Die Mense Op Die Bus
дата релиза
15-02-1999




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.