Laurika Rauch - Die Skoene Moet Jy Dra текст песни

Текст песни Die Skoene Moet Jy Dra - Laurika Rauch



Al die paaie wat jy loop
Al die draaie wat jy stap
Al die strikke wat jy aftrap
Al die grond wat jy koop
Gaan sit in jou knieë en die klere aan jou lyf
En klou aan jou treë en trek jou rieme styf
Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Al die spoke wat jou jaag
Al die spore wat jy trap
Elke keer wat jy ontsnap
Elke hek wat jou vertraag
Skiet wortel in jou bloed en rank tot in jou vuis
En kleef aan elke voet wat jou dra tot by die huis
Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Jou verlede klou verbete
Aan die veters van jou gewete
Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra



Авторы: Valiant Swart


Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus
Альбом Die Mense Op Die Bus
дата релиза
15-02-1999




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.