Laurika Rauch - Vanaand Se Maan текст песни

Текст песни Vanaand Se Maan - Laurika Rauch



Nag loop sy paaie
Duisternis kry sy sin
Geluide word lawaaie
Want die nagstilte het begin
Ver-af skreeu ′n kiewiet rou
'N Jakkals kreun sy klag
En vanaand se maan
Is ′n hartseer maan
Is 'n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Nag loop sy paaie
Duisternis gaan sy gang
Die donker word nou baie
En die baie maak bang
Nag se swart maak dood die lig
Die dag sterf in 'n ster
En vanaand se maan
Is ′n hartseer maan
Is ′n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Want vra maar die maan as hy so lyk
Hoe dink ek nog aan jou
Vra hom of hy hartseer is
Want hy kan ook onthou
Donker word ligter
Dag se son breek die nag
Die aarde word stil wakker
Want die son sê: dit is nou dag
Twaalf ure se fel verlang
Voor nag jou weer omvou
En dan's vanaand se maan
Weer ′n hartseer maan
En 'n spierwit maan
Vanaand se maan
Vanaand se maan is dan weer mooi



Авторы: Jeanette Cilliers


Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus
Альбом Die Mense Op Die Bus
дата релиза
15-02-1999




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.