Laurika Rauch - Woud Van Stilte текст песни

Текст песни Woud Van Stilte - Laurika Rauch



Wanneer die herberge teen my gesluit word
As ek van vermoeienis klein is
Vlam jy 'n vuurherd van vertroosting
Jy laat die grys van gister
Rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy
'N Woud van stilte
Wanneer ek teen die skemer se sperdraad verstar
Die nag soos 'n tronk om my sluit
As my oorstroom
Verjaag jy die droefnis met die oop horison van jou stem
Jy laat die grys van gister
Rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy
'N Woud van stilte
Wanneer die twyfel snuffel aan my dink
As ek steier teen die afgrond van vreemde kennis
Leer jy my vlieg soos 'n boot met seile
Jy laat die grys van gister
Rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy
'N Woud van stilte
Wanneer die twyfel snuffel aan my dink
As ek steier teen die afgrond
Leer jy my vlieg soos 'n boot met seile
Jy laat die grys van gister
Rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy
'N Woud van stilte
Jy plant 'n woud van stilte



Авторы: Hannes Beukes, Marietjie Joubert


Laurika Rauch - 'n Jaar In My Lewe
Альбом 'n Jaar In My Lewe
дата релиза
05-02-1980




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.