Lianie May - Pretoria текст песни

Текст песни Pretoria - Lianie May



So stadig loop ons deur die pers Jakarandas
Wat val
Die bome word kaal
Pa staar na die beeld van ou Botha wat reis
Op sy perd
Hy wonder was bloed soveel werd
Soveel jare dra hy aan die naam van 'n plek
Soveel jare moet ons nou laat gaan
Pretoria
Jy was nog altyd daar
Want jy in my kluis ek noem jou my huis
Ek vergeet nooit jou naam
Pretoria
Wat as my kind my vra
Is die naam dan so erg so bitter en sleg
Hoekom gooi jul dit weg
Genadig staan ons by oom Paul op die plein
En voel klein, God het ons bewaar
Maar stadig loop trane so stil deur my
Moeder sy vra
En wonder was ons dan niks werd
Soveel jare dra sy aan die naam van 'n plek
Soveel jare moet ons nou laat gaan
Pretoria
Jy was nog altyd daar
Want jy in my kluis ek noem jou my huis
Ek vergeet nooit jou naam
Pretoria
Wat as my kind my vra
Is die naam dan so erg so bitter en sleg
Hoekom gooi jul dit weg
En ek weet dat die land moet bestaan
Almal saam
Maar dit maak soveel mense seer
As al daai ou name vergaan
Pretoria, Pretoria ek vergeet nooit jou naam
Pretoria
Jy was nog altyd daar
Want jy in my kluis ek noem jou my huis
Ek vergeet nooit jou naam
Pretoria
Wat as my kind my vra
Is die naam dan so erg so bitter en sleg
Hoekom gooi jul dit weg
Is die naam dan so erg so bitter en sleg
Hoekom gooi jul dit weg



Авторы: Johan Vorster, Sean Else


Lianie May - Vergeet My Nie
Альбом Vergeet My Nie
дата релиза
20-07-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.