Lianie May - Vergeet My Nie текст песни

Текст песни Vergeet My Nie - Lianie May



Wat sal dit vat, om 'n honderd myl te loop?
Wat sal dit vat, om 'n plekkie te herdoop?
Wat sal dit vat, om jou hier te nie?
Wat sal dit vat?
Wat sal dit vat, om te offer wat jy vra?
Wat sal dit vat, om die seer alleen te dra?
Wat sal dit vat, om ons lewens terug te hê?
Soos die eerste dag, toe jou op myne lê.
Ek sal by jou staan.
Sal by jou staan tot als vergaan.
Vergeet my nie, ek's so alleen, kom bring die reën, en vloei deur my are.
Wat sal die vat, om ons kinders te leer loop?
As ons met hul geskei word deur die dood.
Sal jy vir my die "Onse Vader" bid?
As ek en jy Hom altyd eerste sit.
Ek sal by jou staan.
Sal by jou staan tot als vergaan.
Vergeet my nie, ek's so alleen, kom bring die reën, en vloei deur my are.
Bewaar jou.
Bewaar Sy woorde wat jou lei.
Weer terug na my.
Op my knieë, daar sal jy my kry.
Ek sal by jou staan.
Sal by jou staan tot als vergaan.
Vergeet my nie, ek's so alleen, kom bring die reën, en vloei deur my are.
Vergeet my nie.



Авторы: Johan Voster, Rencha Neethling, Sean Else


Lianie May - Vergeet My Nie
Альбом Vergeet My Nie
дата релиза
20-07-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.