Riaan Benade - Gooi Nog 'n Whiskey текст песни

Текст песни Gooi Nog 'n Whiskey - Riaan Benade



Daai liedjie waarop sy my hart gebreek het
Speel nou op die radio
In dieselfde bar waar ek nog altyd
Haar hand kon vashou
Die stoel hier langsaan my is leeg
Soos die gif hier in my glas
So gooi my nog 'n whiskey
Sy gaan my nie mis nie
Kom vergiftig my net weer
Sy's nie eers bewus nie
So moenie nou ophou nie
Maak my immuun teen al die seer
Wat sal ek doen vir nog 'n keer?
Sy was my whiskey en ek soek meer
Haar hare ons kamer vol
Asof sy nog haar arms om my gaan vou
En ek drink en ek slaap en ek droom en ek hoop dat
Sy my sal vashou
Die stoel hier langsaan my bly leeg
Soos die gif hier in my glas
So gooi my nog 'n whiskey
Sy gaan my nie mis nie
Kom vergiftig my net weer
Sy's nie eers bewus nie
So moenie nou ophou nie
Maak my immuun teen al die seer
Wat sal ek doen vir nog 'n keer?
Sy was my whiskey en ek soek meer
Niks kan vervang wat sy was vir my
Maar daai reën en daai seer en daai graf
Bly spook by my
So gooi my nog 'n whiskey
Sy gaan my nie mis nie
Kom vergiftig my net weer
Sy's nie eers bewus nie
So moenie nou ophou nie
Maak my immuun teen al die seer
Wat sal ek doen vir nog 'n keer?
Sy was my whiskey en ek soek meer
Wat sal ek doen vir nog 'n keer?
Sy was my whiskey en ek soek meer



Авторы: Georic Lomas, Paulo Azevedo, Riaan Benade


Riaan Benade - Spontaan
Альбом Spontaan
дата релиза
28-08-2020




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.