Текст песни More Lyk Dit Anders - Rina Hugo
Môre lyk dit anders met die dag se eerste son

Kyk met nuwe oë na die lig en kleur wat kom
Hoe kan dit dan anders as die donker nag verloor
Kyk 'n nuwe dag begin weer voor
Lees in elke hartklop van beloftes en van hoop
Leer opnuut dat drome die pad vooruit moet loop
Môre lyk dit anders volg die sonneblom se gang
Draai jou hart se huis om lig te vang
Môre lyk dit anders as die dagbreek aan jou raak
Kyk met nuwe oë na wat die lewe mooi kan maak
Hoe kan dit dan anders as ons uitreik na mekaar
Saam net koers kan hou, jaar na jaar
Môre lyk dit anders met die dag se eerste son
Kyk met nuwe oë na die lig en kleur wat kom
Hoe kan dit dan anders as die donker nag verloor
Kyk 'n nuwe dag begin weer voor
Lees in elke hartklop van beloftes en van hoop
Leer opnuut dat drome die pad vooruit moet loop
Môre lyk dit anders volg die sonneblom se gang
Draai jou hart se huis om lig te vang
Draai jou hart se huis om lig te vang
Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.