Steve Hofmeyr - Daar Waar Jy Moet Wees Lyrics

Lyrics Daar Waar Jy Moet Wees - Steve Hofmeyr



Teen die mure in die gange
Klink die hol klank van verlange
Waar ek jou in die skadu's lees
Daar waar jy moet wees...
Oor die water van 'n liefde kort
Het my wêreld jou woestyn geword
Waar die waaisand vasbrand teen my vlees
Daar waar jy moet wees...
Mag 'n man jou altyd vashou
Eindeloos en sonder ophou
Lewe jy dan net in drome
Agter skaduwees en bome
Nader jy my net in na-maak
In newels waar die waarheid wegraak
En drome waar ek liefde lees
Daar waar jy moet wees...
Ek droom jy spat uit die put se luik
Ek slaan my arms om die kruik
En huil my in my hande hees
Daar waar jy moet wees...
Ek plaas jou foto in 'n stander
Maar die stilpyn in my kamer
En die swyg sal eers in tyd genees
Daar waar jy moet wees...
Mag 'n man jou altyd vashou...



Writer(s): Steve Hofmeyr


Steve Hofmeyr - 25 Jaar Se Beste
Album 25 Jaar Se Beste
date of release
30-11-2012




Attention! Feel free to leave feedback.