Steve Hofmeyr - Ons Sal Dit Oorleef Lyrics

Lyrics Ons Sal Dit Oorleef - Steve Hofmeyr



Daar's 'n land en 'n volk in een taal gedoop
Met gebede en buskruit en bloed gekoop
Wat weer en weer van sy knie af moet streef
Ons sal dit oorleef
Uit die kake van oormag deur die vuur op ons werf
Staan die engele by ons vroue en die kinders wat sterf
Elke grafsteen een standbeeld vir die wat bly leef
Ons sal dit oorleef
My hart klop toktokkie waar hy breek vir my volk
Voor die kakie kanon of die kryger se dolk
Dit maak nie meer saak nie waar ons ons begeef
Ons sal dit oorleef
Ek lig my tot die berge op
Waar sal my hulp tog vandaan kan kom
Ag my God jou woorde deur my geweef
Ons sal dit oorleef
Ek staan vandag op jou plaas ou vriend
Daar hang stof oor die stilte sovêr ek kan sien
Maar die geeste van gister sal more herleef
Ons sal dit oorleef
Dankie o God vir die vermoë, dankie o Here wat U my geleer het, en wat U vir my so gratis geskenk het, vandag gee ek alles terug, tot eer en verheerliking van U naam en die uitbouing van U koninkryk



Writer(s): Steve Hofmeyr


Steve Hofmeyr - 25 Jaar Se Beste
Album 25 Jaar Se Beste
date of release
30-11-2012




Attention! Feel free to leave feedback.