Laurika Rauch - Die Nostalgie paroles de chanson

paroles de chanson Die Nostalgie - Laurika Rauch



Kom sit styf hier teen my
Jou kop agteroor
Hoor jy hoe sag val die reën
Die dag is verby
Nog ′n week nog 'n maand
Waar loop die tyd met ons heen?
Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap?
En sou jy my fliek toe vra
Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy
Ja, dit was die goeie ou dae
My held was Elvis, my Elvis
My "Heartbreak Hotel"
Toe jy nog vir my met
′N Tiekie kon bel
Kom ons klink 'n rooi glasie wyn
Op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die Nostalgie
Die kiekies is dof
Die album vol stof
Kyk ... hier bak ma haar beskuit
Daar stamp Stephanus vir Mien in die dam
O hoor jy die wind teen die ruit
Die kindergesiggies, die sterre se liggies
Laat jou van voor af onthou
Ou vriende is dood
Die kleinspan word groot
Kyk net waar staan ons nou
Draai weer daai "Ramblin' Rose"-plaat
Van Nat "the king" Cole
En "Your cheatin′ heart
En "He′ll have to go
Kom ons ruil vandag se rumoer vir 'n outydse toer
En gee ons oor aan die Nostalgie
Onthou jy die saam besluit
Liefde had geen perke
Saam veg teen die steiltes uit
Hier staan ons nou
Sterker en sterker oeoeoe
Elvis, my Elvis
My "Heartbreak Hotel



Writer(s): Don Clarke, Karl Bremer


Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
Album 19 Treffers Van 21 Jaar
date de sortie
15-04-1999




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.