Laurika Rauch - Stuur Groete Aan Mannetjies Roux - Pt. 2 paroles de chanson

paroles de chanson Stuur Groete Aan Mannetjies Roux - Pt. 2 - Laurika Rauch



My oom se motor is ′n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien
My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy ja-nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux
O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het ′n tenk vol dieselien
En seën my pa en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
Maar my oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm en die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld
My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy ry na die lande in die oggenddou
Die lande vaal en sy grou
O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het ′n tenk vol dieselien
En seën my pa en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog sy motor met sy klak-klak-klak
Maar my oom, ja my oom se oë′s nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux
O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het ′n tenk vol dieselien
En seën my pa en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika



Writer(s): Christopher Torr


Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
Album 19 Treffers Van 21 Jaar
date de sortie
15-04-1999




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.