Laurika Rauch - Kyk Hoe Glinster Die Maan paroles de chanson

paroles de chanson Kyk Hoe Glinster Die Maan - Laurika Rauch



Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
In werklikheid ry hy mos met ′n slee
Maar hier stap hy deur die mielies, met 'n streepsak
En ′n kierie
En my boetie vra,boer hy by Clocolan
Waar is jou rendier en silwer spore
Waar is ons drome van gisteraand
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter
Ek en Boetie kry 'n rooi jas in die laai
Jonk van jare, oud van dae, huil ek hartseer
In my kamer
Want die fantasie het soos 'n droom verdwyn
Waar is jou rendier en silwer spore
Waar is ons drome van gisteraand
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
In ′n brief van later jare, skryf ek "Liewe Kersfeesvader
Elke meisie het ′n spesiale wens
Vir 'n man so soet soos suiker, met ′n motor sonder duike
En soen hy jou dink jy dis net 'n droom
Waar is jou rendier en silwer spore
Waar is ons drome van gisteraand
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Ek stap toe op ′n aand laat, met 'n kêrel uit die Vrystaat
Al bestuur hy ′n ou bakkie, ek "Kersfeesvader, dankie
Want al sy soene is soos suiker, en in sy hande 'n diamant
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Hier's ons kinders om die boompie, hulle wag nou vir die oompie
My dogtertjie is net ′n bietjie bang
Maar hy stap sommer uit die branders, ja die tye het verander
My seuntjie vra, "woon hy in Jeffriesbaai
Waar is jou rendier en silwer spore
Waar is ons drome van gisteraand
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan



Writer(s): Chris Torr, Christopher Torr, Udo Jürgens


Laurika Rauch - Gunstelinge
Album Gunstelinge
date de sortie
23-10-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.