Laurika Rauch feat. Jak de Priester - Lullaby Vir Suid-Afrika (feat. Jak De Priester) paroles de chanson

paroles de chanson Lullaby Vir Suid-Afrika (feat. Jak De Priester) - Laurika Rauch , Jak De Priester



Kyk hoedat die son oor Jacobsbaai verdwyn
Met die witgekalkte huisies en die seemeeus in jou tuin
Kyk hoe smous die locals in Paternoster almal kreef
En vir ′n laaste dop by die Pantie Bar sal jy my gou vergeet
Kyk net al die tente op Tietiesbaai se sand
Kyk hoe vlieg die helder kites oor Langebaan se strand
Kyk hoe breek die golwe oor Muizenberg se kus
Kyk kook die mense in Kalkbaai almal vis
Gee vir my die Suiderkruis
Laat dit skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand
Kyk hoe 'n duisend sebras in die Wildtuin water drink
Hoor hoe ′n donderstorm oor die bosveld-aarde klink
Kyk die stokou plaashuis in die middel van die Karoo
En die mense wat op die stoep sit wat soos kinders nog kan glo
Kyk die Jakarandas pers om die Brooklyn Mall
Kyk die reënboog kleurtapyt wat oor Namakwaland uitrol
Kyk die spierwit aarde in die Vrystaat se wintertyd
Kyk hoe groet daai windpomp dis die eensaamste geluid
Gee vir my die Suiderkruis
Laat dit skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand
Kyk hoe vat ons hande
Toe Madiba daai dag groet
Ek is lief vir hierdie wêreld
Dis my mense
Dis my - bloed



Writer(s): Jak De Priester


Laurika Rauch feat. Jak de Priester - Gunstelinge
Album Gunstelinge
date de sortie
23-10-2017



Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.