Laurika Rauch - Brekfis In Bloemfontein paroles de chanson

paroles de chanson Brekfis In Bloemfontein - Laurika Rauch



Die deur toegeklap, als gesê wat ek graag wou
Maar maak dit saak wat hy dink want ek glo nie hy wil my meer nie
En in die donker gordyn van die nag
Hoor ek sy woorde en ek mis ons soms saam lag
Maar ek draai op my sy, want ek glo dit is vir goed verby
Dis baie vroeg in die môre, ek is nog vas aan die slaap
Maar hy het net my koffer gevat en sommer self gepak
Vrye keuse′s nie 'n opsie nie en wegloop is te laat vir my
Want hy pluk net die deur oop en sê: "Klim in want ek wil ry"
En ons ry deur Pretoria en toe deur die Goudstad
Parys aan ons regterkant
Deur naamlose dorpe daar was shacks en die highway
Hoe ver is ons nog van die strand af
Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe
Om te sien of hy kyk of ek kyk
Terwyl die dag om ons dans strek ons bene
En eet ons brêkfis in Bloemfontein
Ek wag dat die bom bars terwyl die Karoo aan ons raak
En die vaal van die wêreld, maak my sommer gou-gou vaak
In Beaufort-Wes besluit hy ons gaan oornag
Ons trek weer weg terwyl ek sweer dit is nog nag
En met sy rustige stem breek hy stadig aan my mure af
Worcester is die pitstop waar hy sê:
"Komaan vat jy nou die wiel -
Ek is moeg, bestuur maar Kaap toe
Maak my wakker as jy Tafelberg sien"
Met my op die wynland maar my hart in my keel
Hou ek op met die games wat ek speel
Toe ek die plat berg sien ek sag
"Jy mis die beautiful view"
En ons toer deur die Boland en draai na die Paarl
Hy vat wragtag die Montagu pas
In Graaff-Reinet sien ons berge en vlaktes verlate
Hoe ver is ons nog van mekaar af
Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe
Om te sien of hy kyk dat ek kyk
Terwyl die dag om ons dans maak ons vrede



Writer(s): Mariki Knop


Laurika Rauch - Gunstelinge
Album Gunstelinge
date de sortie
23-10-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.