Laurika Rauch - Liefde Uit Stellenbosch paroles de chanson

paroles de chanson Liefde Uit Stellenbosch - Laurika Rauch



Die aand in Dorpstraat
Het jy vir my gesê
Daar is soveel meer wat jy uit die lewe wil
En die aand by Koeëlbaai
Het jy vir my vertel
Jou lewe hier is soms, soms erger as die hel
Die aand in Knysna
Het jy vir my gesê
Ons tye saam is al wat ons nou het
En die aand in Kaapstad
Het jy vir my gevra
Hoe ver, hoe ver, kan die see liefde dra
So steek vir my ′n kers op in Washington
En neem foto's van Londen
Stuur ′n duif uit Italië
En dalk 'n poskaart uit België
Die aand in Kaapstad
Het ek toe weer gedink
Hoe gou het ons liefde in die diep see verdrink
En die aand in Dorpstraat
Het ek vir myself gesê
Daar is soveel meer wat ek nog van jou wou
So steek vir my 'n kers op in Washington
En neem foto′s van Londen
Stuur ′n duif uit Italië
En dalk 'n poskaart uit België
Want ek steek vir jou ′n kers op in Oudtshoorn
En ek neem foto's van Potchefstroom
Ek stuur vir jou ′n duif uit die Knysnabos
En al my liefde - hier uit Stellenbosch



Writer(s): Pieter Rademeyer


Laurika Rauch - Gunstelinge
Album Gunstelinge
date de sortie
23-10-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.