Laurika Rauch - 'n Man Stap paroles de chanson

paroles de chanson 'n Man Stap - Laurika Rauch



′N Man stap deur die strate
Jy kan sien hy's van die stad
Hy dra ′n donkerbril en Calvin Klein
En sy baard is kort en glad
Hy dink: hoekom is ek terug?
Vir wat is ek op soek?
Was hier nie 'n klein kafeetjie nie
Net hier op die hoek
En waar is die Scala bioskoop
Het hulle dit gesloop
Die sinagoge was in die gebou
Waar jy jou meubels koop
Die jode't almal weggetrek
Die ou mense is dood
En die laaities sit nou sonder werk
Hul voete in die sloot
Wat maak ek in die dorpie
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly in Toronto maar
Toronto′s nie vir my nie
Die somers is bedompig
En die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy
En eendag, eendag, eendag
Eendag is jy oud
Hy stap by die Pandora in
Bestel koffie en tjoklitkoek
Hy dink: Hier′t ek eers vir Elvis gehoor
Op 'n jukebox in die hoek
En tussen verlepte varings
Staan ′n tenk vol goue vissies
En die vrou agter die toonbank
Sy dink haar naam is missies
Wat maak ek in die dorpie
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly in Toronto maar
Toronto's nie vir my nie
Die somers is bedompig
En die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy
En eendag, eendag, eendag
Eendag is jy oud
Hy stap by die Hoogstraat af
Tot by die Central Hotel
En hy luister na die prediker
Wat met sy bybel skree en skel
Hy die duiwel het ons beet
En hy lei ons om die bos
Hy dink: Wanneer gaan die spoke
Van die ou dae ons los?
Wat maak ek in die dorpie
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly in Toronto maar
Toronto′s nie vir my nie
Die somers is bedompig
En die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy
En eendag, eendag, eendag
Eendag is jy oud
Die hek is nog dieselfde
Maar die stoep is 'n ander kleur
Hy stap oor die Krazy Paving
En klop liggies aan die deur
′N Mooi jong vrou maak effens oop
Sy sê: Kan ek help meneer?
Hy sê: Jammer maar ek is 'n vreemdeling
En my hart is in twee geskeur
Hy sê: Jammer maar ek is 'n vreemdeling
En my hart is in twee geskeur



Writer(s): David Kramer


Laurika Rauch - Gunstelinge
Album Gunstelinge
date de sortie
23-10-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.